Babas
3 - 12 maande
n Veilige, koesterende omgewing met sensoriese spel, struktuur en liefdevolle aandag.
Moregloed · Pretoria
Waar Elke Kindjie Tel
Christelike tweetalige kleuterskool in Moregloed, Pretoria / Christian bilingual nursery school in Moregloed, Pretoria
14+ Jaar
3m - Gr. RR
06:00 - 17:30
Klein groepe
Kletterkousies is 'n klein, persoonlike Christelike kleuterskool in Moregloed waar elke kindjie aandag en liefde kry - soos by Mamma en Pappa se huis. Ons sorg vir babas vanaf 3 maande tot Graad RR in 'n veilige, kleurvolle omgewing.
Ons is dubbel-medium (Afrikaans en Engels) en bou Christelike waardes in alles wat ons doen. Sedert 2010 vertrou ouers ons met die belangrikste jare van hul kinders se lewens.
3 - 12 maande
n Veilige, koesterende omgewing met sensoriese spel, struktuur en liefdevolle aandag.
1 - 2 jaar
Groot motoriese ontwikkeling, taalblootstelling en gestruktureerde spel.
3 - 4 jaar
Voor-geletterdheid, syfervaardighede, kreatiewe kuns en buitespel.
5 - 6 jaar
Skoolgereedheid, handskrif, leesvoorbereiding en sosiale vaardighede.
“My kind voel by Kletterkousies asof hy by die huis is. Klein groepies, regte aandag.”
“Die tweetalige benadering werk wonderlik en die personeel is liefdevol.”
“Lang ure pas perfek by ons werksdag. Veilig en warm.”
Maak 'n afspraak om die skool te kom besoek. Ons wys jou graag rond.
72 Codonia Laan, Moregloed, Pretoria